Reseptaal
Ouma se Groente met 'n Korsie
TV-Toetskombuis, Gewilde groentegeregte, Annette Human bl. 30
★★★★★🥦 Groentegeregte
Dit kan as 'n groentegereg voorgesit word, maar dis so lekker dat 'n mens dit eerder as poeding eet met vlasous.
Bestanddele
1
groot murg-van-groente (marrow) of 2 botterskorsies (butternuts)sout na smaak
witsuiker na smaak
botter of margarien na smaak
1
eier50 g
witsuiker25 ml
gesmelte botter of margarien250 ml
koekmeel5 ml
bakpoeier1
knippie sout2 ml
vanieljegeursel60 ml
melkMetode
1
Skil, ontpit en sny die pampoen in blokkies.
2
Kook dit in 'n groot dikboomkastrol tot sag, maar nie pap nie, in sout kookwater.
3
Voeg genoeg witsuiker en klontjies botter of margarien by en kook dit tot stroperig.
4
Die pampoen moet met die stroop bedek wees.
5
Klits die eier, witsuiker en botter goed saam vir die beslag.
6
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
7
Roer die meelmengsel en melk beurtelings by die eiermengsel.
8
Skep die beslag op die pampoen wat moet prut.
9
Sit die deksel op en laat dit ongeveer 20 minute lank prut sonder om die deksel op te lig.
✨ Tienie Sê
Lewer 8 - 10 porsies. Kan ook as poeding met vlasous geëet word.
Graderings
Gee 'n telling: