Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Outydse Melktert

Magda vd Linde, Nuwe Kook & Geniet bl. 193
🥧 Terte

Bestanddele

Koekkors (vir 1 tert)
15 ml
(1 eetlepel) botter of margerien
125 ml
bruismeel
15 ml
suiker
knippie knippie≈ 1 g
sout
1
groot eier
Vulsel (vir 6 tot 8 terte)
625 ml
(2½ koppie) koekmeelblom
625 ml
(2½ koppie) suiker
2,5 ml
(½ teelepel) sout
3 liter
(12 koppie) melk
4
stukke heel kaneel
10
eiers
45 ml
(3 eetlepels) botter
kaneelsuiker

Metode

1

Koekkors: Vryf botter in bruismeel en voeg suiker en sout by.

2

Klits eier en voeg by. Meng tot 'n stywe deeg.

3

Smeer 'n dun lagie van die mengsel met 'n mes op die boom en teen die kante van 'n tertbord.

4

Skep melktertvulsel daarin.

5

Vulsel: Voorverhit die oond tot 200 °C.

6

Meng koekmeel, suiker en sout en voeg genoeg koue melk by om dit aan te maak.

7

Verhit orige melk met die kaneel daarin tot kookpunt, verwyder kaneel en voeg van die kookmelk by die meelmengsel terwyl aanhoudend geroer word.

8

Giet dit in die kastrol terug en roer oor lae hitte tot dit dik word. Laat 5 minute lank kook.

9

Roer eiers een-een in. Haal van stoof af.

10

Voeg botter by en roer tot gesmelt.

11

Skep vulsel in tertkorse. Bak 25 minute lank en verminder hitte ná die eerste 10 minute tot 180 °C.

12

Laat effens afkoel en strooi kaneelsuiker oor. Sit warm voor.

Graderings
Gee 'n telling: