Reseptaal
Outydse Ryspoeding
Annetjie Bodenstein
โ
โ
โ
โ
โ
๐ฎ Nageregte
By Annetjie Bodenstein afgeskryf.
Bestanddele
125 ml
rou rys100 g
botter250 ml
melk4
eiers250 ml
suiker250 ml
karringmelk25 ml
koekmeel2 ml
fyn neutmuskaat2 ml
sout5 ml
bakpoeierMetode
1
Voorverhit die oond tot 150 ยฐC.
2
Smeer 'n oondvaste bak met 'n volume van 2 liter of bespuit dit.
3
Kook rys gewoonweg in soutwater tot goed sag en dreineer.
4
Voeg botter en melk by die rys en meng.
5
Klits eiers en suiker saam en voeg dan karringmelk, meel, neutmuskaat en sout by.
6
Voeg die mengsel by die rysmengsel en meng goed.
7
Roer bakpoeier laaste by.
8
Gooi mengsel in die voorbereide bak.
9
Bak 'n uur of tot die poeding gestol het.
10
Stip die warm poeding met botterklontjies en strooi kaneel oor.
11
Laat 'n rukkie staan en dien warm op.
โจ Tienie Sรช
Lewer 6 - 8 porsies.
Graderings
Gee 'n telling: