Lekkereet
๐Ÿฅ—
Voorgeregte
๐Ÿž
Sop
๐Ÿ–
Vleis
๐ŸŸ
Vis
๐Ÿฅฆ
Groente
๐Ÿฐ
Soet
๐Ÿซ“
Bak
๐Ÿซ™
Preserves
๐Ÿ”ฅ
Braai
๐Ÿ’ก
Wenke
Lekkereet
Geรฏnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
๐Ÿ Tuis๐Ÿ”Soekโค๏ธGunsteling๐Ÿ“My Resepte๐Ÿ›’Inkopielysie๐Ÿ“…Maaltydplanner
INHOUD
๐Ÿฅ—Voorgeregte & Happies๐ŸžSop & Brood๐Ÿ–Vleis & Pluimvee๐ŸŸVis & Seekos๐ŸฅฆGroente & Slaaie๐ŸฐSoet & Nagereg๐Ÿซ“Bak & Koeke๐Ÿซ™Preserves & Bottels๐Ÿ”ฅBraai & Grootmaat๐Ÿ’กWenke & Boererate
๐Ÿ“ Stuur Jou Resepโš™๏ธInstellings
Reseptaal

Potpoeding

Boskok-Kursus, Teg. Kol. Ellisras 2005 (vgl. 'TV Kombuis')
โ˜…โ˜…โ˜…โ˜…โ˜…๐Ÿฎ Nageregte

Bestanddele

Stroop
5 koppieโ‰ˆ 1.25 l
water
2 koppieโ‰ˆ 500 ml
suiker
Deeg
2 eetlepelโ‰ˆ 30 ml
margarien
3 eetlepelโ‰ˆ 45 ml
goue stroop
2 koppieโ‰ˆ 500 ml
koekmeel
1 koppieโ‰ˆ 250 ml
melk
2 teelepelโ‰ˆ 10 ml
koeksoda
3 eetlepelโ‰ˆ 45 ml
vanilla
2
gelyk teelepels fyn gemmer
knippie knippieโ‰ˆ โ‰ˆ 1 g
sout

Metode

1

Stroop: Gooi 5 koppies water en 2 koppies suiker in 'n groot kastrol en bring tot kookpunt.

2

Deeg: Smelt die margarien en goue stroop saam in 'n pot.

3

Sif die koekmeel twee maal en voeg dit by die stroopmengsel.

4

Meng genoeg lug in met jou hande โ€” die deeg moet krummelrig wees.

5

Meng die melk, koeksoda en vanilla saam (brandewyn kan ook bygevoeg word).

6

Sny die melkmengsel by die meelmengsel in met 'n slaplemmes.

7

Voeg die fyn gemmer en sout by en sny alles goed deur met die mes.

8

Dit is 'n redelike slap deeg.

9

Sodra die stroop kook, skep die deeg lepelsgewys in die kokende stroop, of gooi dit stadig in.

10

Plaas die deksel op die kastrol en kook baie stadig vir ยฑ25 minute sodat dit nie oorkook nie.

11

Moet onder geen omstandighede die deksel oplig voor na 15 minute nie!

12

Bedien DADELIK!

โœจ Tienie Sรช

Indien oorstaan tot volgende dag is dit kluitjies! Genoeg vir 10 mense.

Graderings
Gee 'n telling: