Lekkereet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekkereet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Maaltydplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings
Reseptaal

Rooibokboud (Die Eiland Restaurant)

Die Eiland Restaurant
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ– Vleisgeregte

Maak 'n Las 27-12-2003

Bestanddele

1
ontbeende rooibokboud
1 liter
karringmelk
Worcestersous (na smaak)
1–1Β½ koppie droΓ« wit wyn
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
sout
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
Aromat
2
suurlemoene se sap
Gesmelte margerien (na smaak)
suurlemoensap (na smaak)
sout (na smaak)
Aromat (na smaak)

Metode

1

Ontbeen die rooibokboud. Sout en peper die vleis.

2

Vou die boud toe in 'n vliesomhulsel (soos diΓ© waarin salami gemaak word).

3

Trek styf en bind of werk toe.

4

Marinade: Meng karringmelk, Worcestersous, droΓ« wit wyn, sout, Aromat en suurlemoensap.

5

Plaas die boud in 'n plastiese bak met deksel en marineer vir 24 uur in die yskas.

6

Draai elke 3–4 ure.

7

Bedruipmengsel: Meng gesmelte margerien, suurlemoensap, sout en Aromat.

8

Braai die boud en gebruik die onderste deel van 'n kasserol om oor die boud te sit terwyl dit braai.

9

Bedruip gereeld met die bedruipmengsel terwyl die vleis gaar word.

10

Moenie te dun sny wanneer gaar nie.

✨ Tienie SΓͺ

Bedien met bierbrood, pampoenkoekies, aartappelgereg met bacon, sampioensous met brandewyn.

Graderings
Gee 'n telling: