Lekkereet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekkereet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Maaltydplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings
Reseptaal

Rooibokboud / Koedoe Roast

Colleen van Staden
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ– Vleisgeregte

DRIE DAE voor die tyd voorberei.

Bestanddele

1
rooibokboud of koedoeboud
bevrore spekrepe (nie bacon nie)
sout (vir week)
asyn (vir week)
knoffel (vir week)
olie (vir week)
suurlemoenpeper (vir week)
6–8 naeltjies
1–1Β½ koppie asyn
2 eetlepelβ‰ˆ 30 ml
Worcestersous
2 eetlepelβ‰ˆ 30 ml
appelkooskonfyt
2 eetlepelβ‰ˆ 30 ml
olie
'n handvol bruinsuiker
koljander
growwe swartpeper of suurlemoenpeper
Mixed Herbs of ander speserye
growwe sout
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
appelkooskonfyt (om mee te smeer)
maizena (om sous te verdik)

Metode

1

Varkspek: Gebruik bevrore spekrepe (nie bacon nie) en week dit in sout, asyn, knoffel, olie, suurlemoenpeper en 6–8 naeltjies (tel dit).

2

Plaas 'n ruk in die yskas.

3

Marinade: Meng 1–1Β½ koppie asyn, 2 eetlepels Worcestersous, 2 eetlepels appelkooskonfyt en 2 eetlepels olie.

4

Gooi in 'n groterige glas of vlekvrye staal kasserol met deksel.

5

Boud: Stop die boud met die geweekte spek β€” gooi eers elke keer van die mengsel in die gaatjie, dan die spek.

6

Meng in 'n bakkie: 'n handvol bruinsuiker, koljander, growwe swartpeper of suurlemoenpeper en enige ander speserye, bv. Mixed Herbs.

7

Vryf die boud hiermee in.

8

Plaas die boud in die marinade in die kasserol.

9

Marineer in die yskas vir drie dae en draai 2 keer per dag om.

10

Bak: Strooi growwe sout oor die boud. Bak vir Β±1 uur op 180Β°C, dan verlaag na 120Β°C vir nog Β±2 ure.

11

Verwyder die deksel. Smeer 2 teelepels appelkooskonfyt oor die boud. Bak so oop tot mooi bruin.

12

Verwyder die naeltjies (tel dit). Dreineer die sous en verdik met maizena.

✨ Tienie SΓͺ

Roast: Jan Eckard maak roast buite op rooster gaar, keer net 'n swartpot waarvan pote afgesaag, daarop om.

Graderings
Gee 'n telling: