Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Roomsteak

🍖 Vleisgeregte

Ellisras Boerevereniging-afsluiting, 2002. Koos Daffue- en Bettie-hulle reël vir 120 mense. Ponk vra R30/kg vir gebeukte steak en Tol Pieterse R35 want Ponk lewer aan Tol agterkwarte.

Bestanddele

36 kg36000 g
steak (300 g/persoon)
Meat Tenderizer (Robertsons), na smaak
15 kg15000 g
uie
8 pakkie
vars sampioene
egte botter, na smaak
sout en peper, na smaak
10 liter
vars room

Metode

1

Sny die steaks in kleiner porsies. Verseker dat die vleis vars is en nooit gevries gewees het nie.

2

Om 3 nm: Sprinkel Meat Tenderizer (Robertsons) oor die steaks en laat intrek.

3

Gebruik 'n geweldige pan van ongeveer 2 m x 1 m en ongeveer 10 cm diep, geplaas op 'n rooster op 'n oopgesnyde drom.

4

Om 4 nm: Braai die 15 kg uie en 8 pakkies vars sampioene in egte botter — nie margerien of olie nie.

5

Skep uit en hou eenkant.

6

Braai die steak in egte botter aan een kant. Draai om en gooi sout en peper op die geseëlde kant.

7

Moenie te lank braai nie — net-net gaar. Draai om en gooi sout en peper op die ander geseëlde kant.

8

Skep die uie en sampioene terug in die pan. Voeg die 10 liter vars room by en roer deur.

9

Prut tot die sous bruin is. Moenie te lank prut nie, anders vorm dit olie.

10

Bedien warm, byvoorbeeld met krummelpap.

✨ Tienie Sê

Vir 120 mense.

Graderings
Gee 'n telling: