Sampioen-Aartappels
Bedien by braai as warm aartappelslaai.
Bestanddele
Metode
Kook aartappeltjies in skil in soutwater tot sag.
Of gebruik groot aartappels, sny in dobbelsteentjies, en verwyder skilletjies.
Braai uie en knoffel in 'n bietjie sonneblom-olie tot sag.
Vee sampioene met 'n klam lap af, sny in skyfies en braai 'n rukkie saam met die uiemengsel.
Meng die soppoeier met die koue water en voeg by die sampioen-uiemengsel.
Maak 'n aftreksel van die kitshoenderekstrak en kookwater.
Voeg die room, aftreksel, blatjang en lourierblaar by die mengsel.
Verhit tot kookpunt en laat 8 minute lank prut.
Voeg die aartappeltjies by en laat nog 'n paar minute prut.
Verwyder die lourierblaar voor opdiening.
Koop Maggi Stock Powder, Chicken, 200 g blikkie. Vgl. "Warm Aartappelslaai", Wenresepte 3, bl. 57. Vgl. "Eenbakontbyt". Laat aartappels weg en bedien met pap en vleis. Vervang aartappels met stukkies gebraaide spek; bedien saam met brood en eier vir ontbyt.