π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Sampioenpepersous in Mikrogolf
Sarie Tydskrif
Bestanddele
20 ml
botter20 ml
suurlemoenpeper1
blokkie vleisaftreksel250 g
dwergsampioene, fyngesnipper200 ml
melkpoeier20 ml
koekmeel50 ml
melkMetode
1
Verhit botter, suurlemoenpeper en vleisaftreksel vir Β± 3 minute op High in die mikrogolf.
2
Voeg die fyngeknipte dwergsampioene by en mikrogolf tot sag, terwyl jy af en toe roer.
3
Voeg 200 ml van die melkpoeier by en mikrogolf tot die mengsel kook.
4
Meng die 50 ml melk met die koekmeel in 'n aparte bakkie.
5
Giet 'n bietjie van die warm sampioenmengsel by die melk-en-meelmengsel en roer goed.
6
Voeg hierdie mengsel nou by die res van die sampioenmengsel en kook tot die sous dik word.
Graderings
Gee 'n telling: