Skaap op die Spit
Bestanddele
Metode
Skaap weeg tussen 20β25 kg en voer Β± 50 persone indien opgesaag na die braai.
Indien vleis van die bene afsny, gee jy vir baie minder mense vleis β hang af van die hoeveelheid bykosse.
Plaas die skaap op die spit.
Bedek die skenkels en ribbes aanvanklik met foelie, aangesien hierdie dele maklik brand waar min vleis is.
Vul 'n spuit (met dikker naald as vir menslike gebruik) met soutwater en spuit dit deur die vleis in.
Moenie peper gebruik nie β dit verstop die spuit.
Smeer die vleis deeglik met olie.
Maak seker die braaier is toe. Dit kan met gas, krag of kole werk. Braai vir Β± 4 ure.
Kort voor die vleis gaar is, meng heuning en suurlemoensap saam en verf dit oor die vleis.
Na Β± 4 ure, saag die skaap op en bΓͺre in 'n Bain-Marie. Totale tyd van begin tot opdien is Β± 6 ure.