Skoonma se Tong
Bestanddele
Metode
Was die tong en verwyder die kliertjies.
Voeg die kookwater, sout, naeltjies, peperkorrels en bruin suiker by die tong en kook dit 50 minute in 'n drukkastrol tot sag.
Gebruik 'n groot vurk, lig die tong uit die kokende water en hou dit direk onder koue lopende water.
Trek die vel van die tong af, laat dit goed koud word en sny dit in baie dun skyfies.
Meng die olie, koekmeelblom, mosterdpoeier, suiker, sout en kookwater in 'n kastrolletjie tot glad.
Verhit die mengsel tot kookpunt en haal dit van die stoof af.
Roer die wit asyn, mayonnaise en suurlemoensap by die sous.
Pak die helfte van die tongskyfies in 'n vuurvaste skottel van 20 x 20 x 5 cm en gooi die helfte van die sous bo-oor.
Herhaal die lae en strooi vars broodkrummels oor die bokant.
Bak 30 minute by 180 Β°C.
LW: Water tong af wanneer kook behalwe pekeltong; ook hoenderpensies.