π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
"Smelt-in-Mond" Koekies
Huisgenoot 19 Nov 1987, 21 Nov 1991, 7 Des 1995
Bestanddele
500 g
Rama margerien of botter160 ml
versiersuiker3 koppieβ 750 ml
koekmeel1 koppieβ 250 ml
maizenagesmelte wit of bruin sjokolade na smaak
125 g
botter1 koppieβ 250 ml
versiersuiker1 teelepelβ 5 ml
gerasperde suurlemoenskil4 teelepelβ 20 ml
vars suurlemoensapMetode
1
Room die botter en versiersuiker (160 ml) saam tot lig en romerig.
2
Sif die koekmeel en maizena saam.
3
Meng die meelmengsel by die bottermengsel tot 'n gladde deeg.
4
Plaas die mengsel in 'n spuitsak of koekiemaker en spuit op 'n gesmeerde bakplaat.
5
Bak 10β15 minute by 200 Β°C tot gaar.
6
Vulsel 1: Smelt wit of bruin sjokolade en smeer of drup op die koekies.
7
Vulsel 2: Room die botter, voeg die versiersuiker by en klop glad.
8
Voeg die gerasperde suurlemoenskil en suurlemoensap by en meng goed.
9
Smeer Vulsel 2 op die onderkant van 'n koekie en plak twee koekies saam.
Graderings
Gee 'n telling: