Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Sosaties

🍖 Vleisgeregte

Gemaak vir Kerkbasaar 2004 by die Hoërskool se Seunskoshuis se kombuis. Herman de Lange koop marinade by 'Crown' in Johannesburg.

👤 Herman de Lange🎉 Kerkbasaar

Bestanddele

rump steak of lende en fillet (T-Been en Prima rib) van bees, of garing van koedoe of enige wildsbok
uie, in 1" x 1" blokkies gesny
soetrissie (geel, rooi en groen), in 1" x 1" blokkies gesny
dun varkspek, in 1" x 1" stukke gesny
droë perskes
marinade: 'Spare Rib, Pikant' ('Piquant American' 5 liter, Meister Club)

Metode

1

Gebruik net rump steak of lende en fillet (T-Been en Prima rib) van bees, of garing van koedoe of enige wildsbok.

2

Sny die vleis in dikkerige stokkies.

3

Sny uie en soetrissie in enkel blokkies van 1" x 1".

4

Gebruik geel, rooi en groen soetrissie vir 'n mooi voorkoms.

5

Steek die sosatiestokke soos volg: per stokkie 4 stukke steak, 2 dun varkspek (1" x 1"), 2 soetrissie-blokkies, 2 ui-blokkies, en ½ - 1 droë perske.

6

Pak die gemaakte sosaties in groot vierkantige, wit plastiese houers.

7

Marineer die sosaties vir 'n paar dae. Draai gereeld sodat die marinade eweredig intrek.

8

Vakuum verpak die sosaties totdat dit gebruik word.

✨ Tienie Sê

Marinade gekoop by 'Crown' in Johannesburg ('Spare Rib, Pikant' / 'Piquant American' 5 liter, Meister Club).

Graderings
Gee 'n telling: