Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Spinasie-, Bacon- en Feta-Souttert

🥦 Groentegeregte

Bestanddele

500 g
swoerdlose spekvleis, gekap
30 ml
egte botter
300 g
spinasie, gekerf en gespoel (of babaspinasie)
300 g
feta kaas (songedroogte tamatie en pikantrissie-geur, Clover)
25 ml
koekmeel
500 ml
melk
250 ml
suurroom (Clover)
30 ml
lemoensap
100 ml
parmesaan kaas, gerasper (La Campania)
6 ml
mosterdpoeier
6 ml
sout
varsgemaalde peper na smaak
4 ml
gemengde kruie of 12 ml vars gemengde kruie
4
eiers

Metode

1

Bespuit 'n vierkantige vuurvaste bak met kossproei en verhit die oond tot 180 °C.

2

Braai die spekvleis tot krakerig. Verwyder en hou eenkant.

3

Voeg botter by die oorblywende vet in die pan. Voeg spinasie by en braai effens.

4

Skep die bacon en spinasie op die bodem van die voorbereide bak. Strooi fetakrummels oor.

5

Klits die eiers, melk, suurroom, lemoensap en koekmeel saam.

6

Voeg parmesaankaas en geurmiddels by die mengsel en skep dit oor die bacon en spinasie in die bak.

7

Bak op die middelste rakkie vir 30 minute of tot gaar.

Graderings
Gee 'n telling: