Spinasietert
Bestanddele
Metode
Spoel spinasie af en sit nat in kastrol. Moet geen vloeistof byvoeg nie. Stoom tot sag.
Braai-stowe uie of selotte tot sag en deurskynend.
Dreineer spinasie goed in vergiettes. Meng dan die uie en spinasie.
Klits 2-3 eiers met 1 opgehoopte eetlepel koekmeel saam.
Voeg peper en mosterdpoeier na smaak by (sout is in soppoeier).
Klits weer.
Hou eenkant.
Meng 1 pakkie wit uiesoppoeier en 250 ml suurroom.
Voeg 1 houertjie maaskaas by.
Voeg tweederde koppie gerasperde Cheddar by.
Voeg die suurroom-maaskaas-mengsel by die eiermengsel. Meng met spinasiemengsel.
Bespuit 'n groot, plat Pyrexbak met Spray & Cook.
Gooi mengsel in en strooi grofgerasperde Cheddar kaas oor.
Bak 25-30 minute by 180 Β°C op middelste oondrak.
Vries goed vir 1 week. Bak vir afwisseling in muffinpan. Vars room kan met suurlemoensap suur gemaak word. As bykos by braaivleis. (Vgl. Wenresepte 3, bl. 31)