Reseptaal
Tamatiekos (Tamatiebredie)
Tannie Kosie Smith
β
β
β
β
β
π Vleisgeregte
Bestanddele
skaapvleis (bv. rib- en bladstukke, verkieslik vetterige vleis)
sout na smaak
aartappels, in blokkies gesny
uie, gesny
tamaties, geskil
bietjie bietjie
suikermiskien 1 eetlepel water
Metode
1
Pak skaapvleis onder in 'n groot kastrol.
2
Strooi sout oor die vleis.
3
Pak 'n laag aartappels in blokkies gesny op die vleis.
4
Pak 'n laag gesnyde uie op die aartappels.
5
Skil die tamaties en pak skywe op die uie.
6
Strooi 'n bietjie suiker oor. Voeg miskien 1 eetlepel water by β gewoonlik is geen water nodig nie.
7
Laat kook op hoΓ« hitte.
8
Draai die plaat af na lae hitte en laat prut vir ongeveer 2 ure.
9
Roer net deur voor opdien.
β¨ Tienie SΓͺ
Gebruik ook Brisket i.p.v. skaapvleis.
Graderings
Gee 'n telling: