Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Terte (Melktert)

Francis Venter, 5.3.1968, Kameelfontein
🥧 Terte

Resep van Francis Venter, 5.3.1968, Kameelfontein. Kors vergelyk met Mindy s'n.

Bestanddele

Kors
250 g
botter
½ koppie125 ml
suiker
2
eiers
2 koppie500 ml
koekmeel
2 teelepel10 ml
bakpoeier
Sout na smaak
Melktertvulsel
koppie1.13 l
melk
3 eetlepel45 ml
botter
3
eiers
¾ koppie188 ml
suiker
eetlepel38 ml
koekmeel
eetlepel38 ml
maizena
½ teelepel3 ml
sout
1 teelepel5 ml
vanilla

Metode

1

Kors: Room die botter en suiker saam tot lig en romerig.

2

Voeg die geklitste eiers by die botter-suikermengsel.

3

Sif die droë bestanddele (koekmeel, bakpoeier en sout) saam en vou dit by die mengsel in.

4

Druk die deeg baie dun uit in tertpanne en bak in 'n oond van 400 °F (200 °C) tot ligbruin.

5

Melktertvulsel: Kook die melk en botter saam in 'n pot.

6

Klits die eiers in 'n aparte bak en voeg die suiker, koekmeel, maizena en sout by. Roer goed deur.

7

Sodra die melk kook, voeg die eiermengsel by die melk en roer vinnig deur tot die vulsel dik word.

8

Voeg die vanilla by en giet die vulsel in die gebakte terkors. Laat afkoel voor opdiening.

Graderings
Gee 'n telling: