Reseptaal
Vinnige Souttert
Landbouweekblad 31-10-2003
β
β
β
β
β
π₯ Eenbakgeregte
Baie lekker! Ideaal vir ontbyt.
Bestanddele
250 g
bacon stukkies1
ui, gekerf1 blikkie
Sunkist sampioenskyfiesvarsgemaalde swartpeper na smaak
2 koppieβ 500 ml
gerasperde Cheddarkaas2
ekstra groot eiers (of 3 medium)1 koppieβ 250 ml
melk50 ml
bruismeelMetode
1
Braai die bacon stukkies, gesnyde ui en sampioenskyfies saam in 'n pan.
2
Voeg varsgemaalde swartpeper by en soteer liggies.
3
Skep die mengsel op die bodem van 'n gesmeerde vuurvaste bakskottel (grootte van 'n tertbord, 22 x 22 cm).
4
Strooi die gerasperde Cheddarkaas eweredig oor die mengsel.
5
Klop met 'n elektriese klitser genoeg lug in die eiers, melk en bruismeel sodat die mengsel lekker pofferig is.
6
Giet die eiermengsel oor die kaas en vulsel in die bakskottel.
7
Bak Β± 30 minute by 180 Β°C tot die tert gestol en goudbruin is.
β¨ Tienie SΓͺ
Opsioneel: Voeg stukkies ingelegde pynappel by uiemengsel. Vervang bacon met vienna-wieletjies.
Graderings
Gee 'n telling: