Reseptaal
Waaier-Aartappels
★★★★★🥦 Groentegeregte
Bestanddele
1 kg≈ 1000 g
aartappels250 g
botter1 pakkie
dik wit uiesoppoeier (65 g)Metode
1
Was en skrop die aartappels.
2
Sny 'n stukkie van die aartappel onder af sodat dit plat kan staan.
3
Plaas elke aartappel op 'n desertlepel en sny dan skywe (so ± 1 cm dik).
4
Die lepel verhinder dat die snye dwarsdeur gaan.
5
Pak die aartappels in 'n oondvaste bak.
6
Smelt die botter in die mikrogolf en roer die soppoeier in.
7
Skep die mengsel oor die aartappels.
8
Bak vir 1 uur teen 180 °C.
9
Skep elke nou en dan weer van die mengsel oor die aartappels gedurende die bakproses; druk die sykante liggies sodat die aartappels oopgaan en 'n waaier vorm.
✨ Tienie Sê
Variasie: Kook in skil; nie té sag nie. Maak snye in. Sit skyfie kaas in. Strooi geurselsout oor. Bak slegs 'n paar minute tot kaas gesmelt is.
Graderings
Gee 'n telling: