Reseptaal
Warm Boontjieslaai
Kitty, niggie van Catharina vv Seuna
★★★★★🥦 Groentegeregte
Bestanddele
4
groot uie, grofgekerfmargerien of Butro na smaak
50 ml
koekmeel4 ml
sout2 ml
peper150 ml
melk250 ml
Ultra Mel room2 blikkie
groenboontjies, French Cut, gedreineer (410 g elk)2 koppie≈ 500 ml
Cheddar-kaas, gerasper2 pakkie
"Smoked Beef" chips, fyn (opsioneel)Metode
1
Soteer uie in margerien of Butro tot glaserig en sag.
2
Klits die droë bestanddele (koekmeel, sout, peper) saam met die melk.
3
Klits die Ultra Mel room by die meelmengsel in.
4
Roer die room-meelmengsel by die gesoteerde uie.
5
Voeg die gedreineerde groenboontjies by en roer deur.
6
Roer die gerasperde Cheddar-kaas by — die mengsel moet souserig wees.
7
Voeg 'n bietjie ekstra melk by indien te styf.
8
Skep die mengsel in 'n vlak vuurvaste bakskottel en strooi die fyngemaakte chips oor (indien gebruik).
9
Bak by 180 °C vir 30 minute.
10
OF: Bedien warm in 'n diep slaaibak sonder chips.
✨ Tienie Sê
As bykos by braaivleis. 12 porsies.
Graderings
Gee 'n telling: