Wildspastei (Vallery)
Bestanddele
Metode
Plaas vleis in 'n bakskottel (glas of plastiek) en bedek met karringmelk.
Bedek met cling wrap en marineer 1β2 dae in die yskas.
Druk daarna droog met papier en gooi die melk weg.
Braai die spek in botter in 'n groot pot tot bros. Skep uit met 'n gaatjieslepel en hou eenkant.
Braai die uie in dieselfde pot, voeg die knoffel by, en skep ook uit.
Voeg bietjie olie by indien nodig. SeΓ«l die lamskenkels in die pot en skep uit.
Bedek die wildsvleis met meel en seΓ«l weerskante in die pot.
Voeg die skenkels, spek, uie en knoffel terug in die pot by die vleis.
Geur met sout en varsgemale swartpeper.
Sit die heel ui met naeltjies by, voeg die lourierblare en koljander by, gevolg deur die aftreksel en rooi wyn.
Verhit tot kookpunt.
Sit 'n styfpassende deksel op en kook 2β3 ure tot die vleis van die bene afval.
Vul vloeistof aan met wyn of aftreksel indien te droog.
Verwyder die bene en plaas die vleis terug in die vloeistof.
Proe en geur indien nodig.
Laat heeltemal afkoel.
Verhit die oond tot 230 Β°C.
Skep die vleis in 'n groot pasteibak en bedek met skilferkorsdeeg.
Steek gaatjies in die deeg vir stoom om te ontsnap.
Sny patrone uit oorskiet deeg en versier die bokant.
Verf die bokant met geklitste eier.
Bak 15 minute.
Verlaag die temperatuur na 180 Β°C en bak nog 30β35 minute tot goudbruin.