Lekker Eet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekker Eet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Weekplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings

🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Witsous Bêremengsel

Laurinda

Bestanddele

200 g
afgeroomde of volroom melkpoeier
140 g
koekmeel
225 g
margerien
10 ml
sout

Metode

1

Plaas al die bestanddele in 'n voedselverwerker en verwerk tot fyn krummels.

2

Alternatiewelik: sif die melkpoeier, koekmeel en sout saam, rasper die margerien grof bo-oor en frummel dit in die meelmengsel tot fyn krummels.

3

Bewaar die mengsel in 'n digte fles in die yskas.

4

Om te gebruik: Vermeng die bêremengsel en water volgens die dikte sous wat benodig word.

5

Verhit stadig tot kookpunt, roer deurentyd, en prut ongeveer 3 minute lank tot die sous glad en dik is.

✨ Tienie Sê

Dun sous (oor skelvis): 60 ml bêremengsel, 250 ml warm water. Medium sous (oor blomkool): 125 ml mengsel, 250 ml warm water. Dik sous (macaroni en kaas): 250 ml mengsel, 250 ml warm water.

Graderings
Gee 'n telling: