🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Bevrore Mielies
Bestanddele
1 kg≈ 1000 g
mielies in seisoen (genoeg om 1 kg-bakke te vul)botter na smaak
sout na smaak
Metode
1
Koop genoeg mielies in seisoen wanneer volop.
2
Kook die mielies sag sonder sout.
3
Sny die gekookte mieliekerne van die stronke af.
4
Maal die mieliekerne in die Kenwood vleismeule.
5
Vul 1 kg-margerienbakke met die gemaalde mielies en vries.
6
Wanneer jy dit wil gebruik, ontdooi in die mikrogolfoond, sit 'n klont botter op asook 'n bietjie sout, en sit voor.
✨ Tienie Sê
Ideaal i.p.v. mieliepap of aartappelgereg. Hoeveelheid net reg vir "Mielie Soutgereg".
Graderings
Gee 'n telling: