π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Eiervrug in Beslag
Bestanddele
Metode
Skil en sny die eiervrugte in skywe.
Pak uit op 'n deegplank en bestrooi met sout sodat dit water kan trek.
Laat Β± 10 minute staan.
Draai die skywe om, strooi weer sout en laat staan vir nog Β± 10 minute.
Spoel die skywe in 'n vergiettes onder lopende water en druk droog met 'n skoon doek.
Maak die beslag: Breek 3 eiers in 'n 500 ml maatkoppie en vul aan met melk tot 200 ml.
Klits met 'n draadklopper (whisk).
Voeg 1 hoogvol maatkoppie koekmeel asook sout en peper by en meng tot 'n slapperige deeg.
Gooi kookolie sowat 1 cm diep in 'n Bauer-pan en verhit oor medium hitte.
Doop elke skyfie in die beslag en laat die ergste deeg afloop.
Sit versigtig in die medium warm olie.
Bak tot goudbruin en gaar aan weerskante. (Indien die olie tΓ© warm is, brand dit; indien tΓ© koud, absorbeer dit te veel olie.)
Voer 'n vleisbord uit met 'n dubbellaag kombuispapier en dreineer die gebakte eiervrug daarop.
Bedien louwarm.
Lewer sowat drie Bauerpanne. Na tweede baksel, vul olie aan anders brand dit vas.