π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Griekse Slaai / Mengelslaai
Wyksbyeenkoms hier op Walkerskloof 14 Maart 2003. Wyke Beska, Palala, Rustenburg en Uitspan. Gebruik kiaat slaaibakke en kiaat slaailepels.
Bestanddele
Metode
Berei al die bestanddele tuis voor: sny die tamatiewiggies, berei die gemengde blaarslaai voor, blansjeer die wortelskywe vir kleur, sny die komkommerskywe, pynappelstukke en groenappelstukkies (met skil).
Meng alles saam in 'n slaaibak β moenie sout vooraf byvoeg nie, want dit trek water.
Voeg die Knorr Griekse Slaaisous by en meng liggies.
Garneer met fetakaas (Cape Herb) en grasuie lote met loof van Β±4" lank.
Sit voor met olywe oor die slaai.
Fetakaas moet sag wees en bros. Nie taai en hard nie, dan's dit oud. Klaar afgespoel en verpak slaaiblare te koop by Shoprite.