Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Maklike Handtertjies

Tienie
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ₯§ TerteπŸ”–Teken in om te stoor

Sien Kersfeeskookboek bl. 54, aangepas.

πŸ‘€ TienieπŸŽ‰ Kersfees

Bestanddele

1 kgβ‰ˆ 1000 g
bruismeel
8 ml
sout
500 g
botter, kamertemperatuur
500 ml
room
2 blikkie
heel appelkooskonfyt (Sugarbird, 265 g/400 ml elk)
60 ml
koekmeelblom
1
eier
25 ml
melk

Metode

1

Sif die bruismeel en sout saam.

2

Vryf die botter in totdat die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.

3

Voeg die room by en maak dit aan tot rolbare deeg.

4

Klits die eier en melk saam vir die eierwas en hou eenkant.

5

Rol bietjies-bietjies van die deeg dun uit op 'n meelbestrooide oppervlak.

6

Druk sirkels van 8 cm in deursnee af (gebruik 'n tunablikkie met gaatjie in bodem vir lug om te ontsnap).

7

Maak sirkels los met eierspaan. Maak die rand van elke sirkel klam met 'n bietjie suikerwater.

8

Vermeng die appelkooskonfyt en koekmeelblom goed.

9

Gebruik 'n 1 ml-maatlepeltjie en skep 'n klontjie van die konfytmengsel in die middel van elke deegsirkel.

10

Vou die deeg toe in 'n halfmaantjie en verseΓ«l die rand deur effens met 'n vurk daarop te druk.

11

Plaas die tertjies op 'n gesmeerde bakplaat en bestryk dit met die eiermengsel.

12

Druk 'n gaatjie bo-in met 'n tandestokkie.

13

Bak 10 minute lank op die middelste oondrak in 'n voorverhitte oond by 200 Β°C.

14

Laat die tertjies effens afkoel op die bakplaat voordat dit op 'n afkoelrak geplaas word om heeltemal af te koel.

✨ Tienie SΓͺ

Lewer Β± 3 dosyn handtertjies.

Graderings
Gee 'n telling: