Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Maroelajellie en Vrugterolle

Bestanddele

groen maroelas (driekwart kastrol vol, Β± 10 liter kastrol)
3 liter
water
4 koppieβ‰ˆ 1 l
suiker (vir jellie, 1 koppie per koppie vloeistof)
3 koppieβ‰ˆ 750 ml
suiker (vir vrugterol)
2
knippie sout (1 vir jellie, 1 vir vrugterol)
1 eetlepelβ‰ˆ 15 ml
suurlemoensap
ΒΌ teelepelβ‰ˆ 1 ml
wynsteensuur

Metode

1

Vorige dag: Gebruik groen maroelas ter wille van die pektien en suurgehalte. Sny swart merkies uit.

2

Gebruik 'n Β± 10 liter-grootte vlekvryestaal- of erdekastrol.

3

Maak so driekwart vol met maroelas en Β± 3 liter water.

4

Moenie die vrugte heeltemal onder water bedek nie, anders is die jellie te loperig.

5

Kook vir 1 uur of langer. Laat staan oornag β€” dit is die sleutel tot 'n suksesvolle jellie.

6

Volgende oggend vroeg: Skep die vrugte uit met 'n gleuflepel en hou eenkant vir die vrugterol.

7

Jellie: Gebruik die oorblywende vloeistof (wei) β€” dit moet min wees, ongeveer 1 liter.

8

Meet die vloeistof en gebruik 1 koppie suiker vir elke koppie vloeistof (dus Β± 4 koppies suiker).

9

Voeg by die vloeistof: 'n knippie sout, 1 eetlepel suurlemoensap en ΒΌ teelepel wynsteensuur.

10

Kook vir ongeveer 1 uur.

11

Skep skuim gereeld af.

12

Toets na 45 minute.

13

Wanneer blink lugborrels verskyn, behoort die jellie gereed te wees.

14

Gooi in gesteriliseerde flesse.

15

Vrugterol β€” voorbereiding: Skrap die vesel van die pitte af (so 2–3 pitte gelyk) of gebruik 'n plastiese rasper.

16

Maal die skille fyn met 'n Kenwood-meule of voedselverwerker.

17

Meng die vesel en fyngemaalte skille saam met 3 koppies suiker en 'n knippie sout. (Skille en vesel saam gee 'n growwe, effens harde tekstuur; vesel alleen gee 'n fyn tekstuur en mooi roomkleur.)

18

Smeer die mengsel baie dun en eweredig op metaal skinkborde of plastiese kleedjies (soos boekbedekkingsplastiek β€” nie Glad Wrap nie, dit skeur).

19

Plaas buite in direkte son.

20

Bedek met 'n net wat met bottels ondersteun word om bye en vlieΓ« uit te hou.

21

Volgende dag of twee dae later: Trek die plastiek af en draai die vrugterol om sodat die anderkant ook behoorlik kan droog word.

22

Rol die vrugterol op en bedek met kleefplastiek om te stoor.

23

Neute: Gooi die pitte oop in die son om later oop te kap vir die neute (KΓͺro's).

✨ Tienie SΓͺ

Maroela-lekkers: Kook jellie effens langer. Gooi uit in 'n plat, vierkantige vuurvaste bak. Laat stol, sny in blokkies en rol in versiersuiker soos Turkish Delight.

Graderings
Gee 'n telling: