🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Mielietert
Tannie Grace Loots
Bestanddele
4
eiers¼ koppie≈ 63 ml
gesmelte margerien¼ koppie≈ 63 ml
koekmeel¼ koppie≈ 63 ml
suiker3 teelepel≈ 15 ml
bakpoeiersout na smaak
2 blikkie
roomsoort mielies (OF 1 roomsoort en 1 pitmielies)Metode
1
Klits 4 eiers en ¼ koppie gesmelte margerien saam (met 'n menger: 1 minuut op medium spoed).
2
Meng ¼ koppie koekmeel, ¼ koppie suiker, 3 gelyk teelepels bakpoeier en sout in 'n aparte bak.
3
Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel en klits weer om klontjies meel te verwyder.
4
Voeg die 2 x 410 g roomsoort mielies by (OF 1 roomsoort en 1 pitmielies, maar nie albei pitmielies nie) en roer deur.
5
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde, plat oondvaste bak van 26 x 22 cm.
6
Bak ± 45 minute by 180 °C.
7
Bedien warm of koud.
Graderings
Gee 'n telling: