Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Murgsagte Koedoegaring (Scotch Fillet)

Bestanddele

Scotch fillet van koedoe (na smaak, in 1 cm dik skywe gesny)
sout en peper na smaak
2–3 eiers
varsgemaalde swartpeper en sout na smaak
gegeurde meel (koekmeel, sout, peper, steak-en-chops-speserye en mosterdpoeier)
vlak olie vir braai

Metode

1

Moet gladnie vries nie!

2

Laat die Scotch fillet twee tot drie dae onder in die yskas lΓͺ om 'ryp' te word.

3

Sny die vleis in 1 cm dik skywe en strooi effens sout en peper oor.

4

Klits 2–3 eiers saam met varsgemaalde swartpeper en sout.

5

Laat die skywe vir 1 uur in die eiermengsel lΓͺ.

6

Berei die gegeurde meel voor deur koekmeel, sout, peper, steak-en-chops-speserye en mosterdpoeier te meng (hierdie mengsel behoort maar altyd in jou yskas te wees).

7

Verwyder die skywe uit die eiermengsel, doop elke skywe in die gegeurde meel en bak in vlak olie.

8

Draai slegs 1 maal om.

9

Die vleis moet nΓ©t gaar wees.

10

Bedien warm saam met aartappels of stywepap.

Graderings
Gee 'n telling: