π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Maalvleisrol
Tan Martie Pretorius
Bestanddele
500 g
beesvleis, gemaal5 ml
soutvarsgemaalde peper na smaak
1
ui, fyngekap1
eier, liggies geklits200 g
vars sampioene3
repies spekvleis40 g
(200 ml) broodkrummels200 g
(250 ml) Cheddar, gerasperkookolie
Metode
1
Meng vleis, sout, peper, ui en eier liggies.
2
Skep mengsel op waspapier en smeer uit op 'n reghoek van 250 mm x 200 mm, ongeveer 15 mm dik.
3
Kap sampioene en spekvleis fyn. Voeg broodkrummels by en meng.
4
Smeer die sampioen-spekvleismengsel oor die vleislaag, sprinkel gerasperde kaas bo-oor en rol dit op.
5
Druk die kante van die rol goed vas.
6
Plaas die rol in 'n gesmeerde oondpan en wend kookolie bo-op met 'n kwassie aan.
7
Bak by 160 Β°C vir 1 uur.
8
Bedien met romerige aartappels en glanswortels.
Graderings
Gee 'n telling: