π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Paptert (Grootmaat β Boerevereniging)
Gemaak vir Boerevereniging-afsluiting 10-11-2005.
Bestanddele
Metode
Kook die braaipapmeel in die kookwater met sout volgens die instruksies op die vorige bladsy om 'n stewige pap te maak.
Braai die uie, Bits 'o Bacon en sampioene saam tot gaar en goudbruin. Hou eenkant.
Smeer die pap-en-mengsel-lae afwisselend in 2 x 2,75 liter foeliepanne (32 x 25 cm elk): pap, dan die spek-en-sampioen-mengsel, dan weer pap, dan weer mengsel.
Eerste tert: Gooi witsous oor die bokant en strooi gerasperde kaas bo-oor.
Tweede tert: Meng 500 ml Ultramel room met 1 pakkie wit uiesoppoeier en gooi oor die bokant.
Strooi kaas bo-oor.
Bak die terte in die oond tot gaar en goudbruin bo-op.
Garneer met vars pietersielie na dit gebak is.
Bettie se variasie: Meng die spek-en-groenrissie-braaimengsel direk in die pap.
Smeer in lae.
Meng wit-uiesoppoeier en room en gooi bo-oor.
Plaas Cheddar heelbo.