π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Patats
Tienie
Bestanddele
500 g
patats, geskil en in soutwater gespoelΒ½ teelepelβ 3 ml
Chip White (opsioneel, om patats wit te hou)sout na smaak
500 ml
Ultra Mel roomgeelsuiker na smaak
kaneel of gemmer na smaak
Metode
1
Skil die patats en spoel in soutwater, of plaas in 'n skotteltjie water met Β½ teelepel 'Chip White' om die patats wit te hou.
2
Pak die patats onder in 'n ongesmeerde verbruiningsbak van ongeveer 25 x 25 cm.
3
Strooi 'n bietjie sout oor die patats met die soutpot.
4
Gooi 500 ml Ultra Mel room oor β die patats moet bedek wees.
5
Strooi geelsuiker en kaneel of gemmer oor die patats.
6
Bak ongeveer 1 uur by 180Β°C op die middelste oondrak sonder deksel, tot die room gestol en gekarameliseer het.
7
Indien die patats bo-op swart word, roer liggies om met 'n houtlepel.
8
Strooi effens kaneel of gemmer bo-oor voor opdiening.
Graderings
Gee 'n telling: