π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Steenbok Steak
Heerlik! 3 Augustus 2003 saam met Frans en Sophia. Willem per abuis steenbokkie in grootpad gestamp.
Bestanddele
Metode
Meng 1 pakkie 'Meat Marinade' en ΒΎ koppie koue water in 'n vierkantige Tupperbak met deksel.
Voeg 3β4 teelepels Crushed Garlic by, asook die sap van 1 suurlemoen.
Strooi Vleisversagter oor die steak.
Marineer vir minstens 1 uur β na 1 dag in die yskas val die vleis uitmekaar.
Gebruik 'n dikboompan. Braai die uieringe en vars sampioene in margerien of botter en skep uit.
Braai die steak in margerien of botter β nie olie nie β totdat gaar.
Voeg 1 koppie room (vars of Ultra-Mel) by en roerbraai saam met die uier-en-sampioen-mengsel.
Bedien dadelik β heerlik sag.