π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Suurlemoenskuimkoek
Resep van Susan Seegers, ongeveer 1982.
Bestanddele
Metode
Koeklaag: Klop die eiergele lig en voeg die suiker by.
Voeg die water by en klop goed.
Sif die droΓ« bestanddele (koekmeel, bakpoeier en sout) saam en vou by die eiermengsel in.
Klop die eierwitte styf en vou liggies by die beslag.
Gooi die beslag in twee vierkantige vlak panne of een groot pyrexbak en bak by 190 Β°C vir ongeveer 30 minute.
Stroop: Kook die water en voeg die suiker, stroop, suurlemoensap en sout by.
Kook die stroop vir 5 minute, laat effens afkoel en gooi oor die warm koek.
Versiersel: Meng die suiker, sout en mielieblom met die koue water in 'n kastrol.
Kook oor aanvanklik lae hitte vir 10 minute, roer gereeld.
Voeg die gerasperde suurlemoenskil, suurlemoensap en eiergele by en kook nog 1 minuut.
Voeg die botter by en laat die mengsel afkoel.
Klop die eierwitte styf en vou liggies by die versierselmengsel.
Smeer die versiersel oor die koek en plaas vir 10 minute in 'n matige oond totdat dit ligbruin word.