π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Sponsdeeg vir Switserse Rolkoek
Bestanddele
Metode
Klits eierwitte styf.
Klits eiergele eers saam met 'n lepelvol van die suiker, die sout en suurlemoen, maar moenie skuimerig laat word nie.
Sif droΓ« bestanddele saam. Roer dit stadig in die eiergeelmengsel in.
Vou laasgenoemde by styfgeklitste eierwitte in.
Bedek 'n gesmeerde Swiss Roll-bakplaat met waspapier.
Smeer sponsmengsel egalig op m.b.v. slaplemmes.
Bak vir Β±15 minute op middelste rakkie.
Keer uit op klam doek of een wat met res van strooisuiker bestrooi is.
Smeer konfyt dadelik op en rol op.
As ander vulsels gebruik word, moet die koek met 'n klam lap bedek word totdat dit afgekoel het.
Adeline se metode: Klits eiergele en helfte van die suiker saam tot dik en romerig.
Voeg suurlemoensap en water by.
Klits eierwitte styf met ander helfte van die suiker. Voeg by eiergele β nie klits nie!
Sif droΓ« bestanddele. Voeg by β nie klits nie!
Smeer pan met smeer.
Sit waspapier in tot oor die rand van die pan.
Bespuit met Spray en Cook.
Gooi deeg in en maak gelyk met lepel.
Bak Β±15 minute.
Nie te bleek nie (dan sit deeg aan doekie vas), en nie te lank nie (dan breek die rolkoek).
Gooi uit op meelbestrooide droΓ« doekie β nie klam.
Smeer appelkooskonfyt.
Begin reg oprol: maak hande oop en plat wanneer oprol.
Doekie gaan saam.
Sif versiersuiker op net voor bediening anders trek suiker in. Gebruik bv. Swiss Roll om Trifle te maak.