π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Tamatie-en-Uie Noedels
Bestanddele
Metode
Kook die uie, tamaties, groen soetrissies (indien gebruik), suiker, olie, wit wyn of asyn, en sout saam vir 30 minute.
Kook die skulpnoedels volgens die pakkie se instruksies en dreineer dit goed.
Voeg die gekookte noedels by die tamatie-en-uie mengsel en kook deur tot warm.
Roer die mayonaise by die mengsel in.
Bottel die mengsel terwyl dit nog warm is en verwyder enige lugborrels.
Bedien warm of koud, veral saam met braaivleis, wors of maalvleis.
Lewer 6 - 7 heuning botteltjies. Ideale wyn om te gebruik: Vino Bianco. 'A gentle spicy and fruity semi-sweet wine. Good with chicken, spicy pastas and a wonderful drinking wine'. Snaakse vorm bottel. Voorstel: Maak frikkadelle gaar. Pak in oondpan. Gooi 'n botteltjie oor. Warm op in oond.