π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Tamatiekonfyt in Mikrogolfoond
Bestanddele
Metode
Gebruik halfryp, ferm Jam-tamaties.
Behou heel.
Voeg 'n knippie sout by om die soet uit te bring β sonder dit smaak die konfyt laf.
Indien jy nie 'Jam-tamaties' gebruik nie, halveer die tamaties, druk die pitte uit en weeg dan eers.
Moenie verder stukkend sny nie.
Breek of kneus die stukkies heel gemmer sodat die geur beter kan versprei.
Kook saam met die tamaties, maar verwyder voor bottelering.
Plaas die tamaties in 'n diep, vuurvaste glasbak.
Smeer die rand van die glasbak met margerien om te verhoed dat die konfyt oorkook.
Mikrogolf (MG) vir 7 minute op High. Roer.
Mikrogolf weer vir 7 minute op High. Roer.
Voeg 1 kg suiker by en roer deur.
Kook vir 35 minute op High, maar roer na elke 5 minute β veral op die bodem van die bak.
Voeg 1 eetlepel suurlemoensap by. Roer elke 7 minute en skep skuim af.
Bottel die konfyt warm en vul tot oorlopens toe.
1 kg suiker en 1 kg tamaties lewer sowat 1Β½ bottels (750 g-grootte mayonaise) of 3 heuningbotteltjies. Groen tamaties moet eers die vorige aand geprik en in 'n oplossing van 2 liter water en 10 ml gebluste kalk geweek word; volgende oggend spoel en halveer. Kersietamaties (Cocktail) bevat hopeloos teveel water; nie die moeite werd om te kook nie! 11-06-2005 het 5 kg tamaties gekook. Gebruik 2 bakke. Terwyl een bak se konfyt gebottel word is die volgende bak al aan die kook. Sodoende kan bakke tussenin gewas word vir volgende rondte. Ruim Β± 'n uur in per kilogram.