🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Turksvykonfyt
Bestanddele
1 kg≈ 1000 g
ryp, ferm turksvye750 g
suiker1 liter
water30 ml
suurlemoensap25 ml
gebluste kalk5 liter
water (vir kalkoplossing)Metode
1
Maak kalkoplossing deur 25 ml gebluste kalk en 5 liter water baie goed saam te roer.
2
Skil die turksvye en hou heel. Weeg die vrugte en prik hulle.
3
Week die turksvye oornag in die kalkoplossing.
4
Volgende dag: Spoel die turksvye deeglik in vars water.
5
Kook die suiker, suurlemoensap en water saam om 'n stroop te maak — suiker moet goed opgelos wees.
6
Plaas die turksvye in die kokende stroop.
7
Kook sonder deksel tot die vrugte deurskynend is en die stroop dik is.
8
Skep in warm, droë flesse, vul met stroop en verseël dadelik.
Graderings
Gee 'n telling: