π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Fyngestoofde Wildsvleis
Enige gedeelte soos rib, bors of rugstring kan gebruik word. Die volgende bestanddele is genoeg vir sowat 2 kg benevleis.
Bestanddele
Metode
Kook die wildsvleis eers op vir Β± 10 minute.
Gooi die water af en spoel die vleis onder lopende water.
Laat afdroog.
Braai die vleis bruin in verhitte kookolie. Voeg uie en knoffel by en soteer.
Voeg spekblokkies by, gevolg deur die res van die bestanddele (naeltjies, fyn koljander, sout, peperkorrels, lourierblare, pietersielie, kookwater, asyn of suurlemoensap, en marmite of bovril).
Stoom vir Β± 35 minute in stoompot.
As pastei: Verwyder die vleis van die bene af. Kook aartappelblokkies eenkant gaar.
Verwyder naeltjies en lourierblare.
Kap vleis en aartappel fyn in 'n voedselverwerker of maal met 'n vleismeule.
Skep die mengsel in 'n pasteibak en gooi oliekors oor. Garneer met uieringe.
Bak in die oond tot goudbruin en gaar.