Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Gevulde Butternut-helftes

Tienie
πŸ‘€ TienieπŸŽ‰ Braai

Bestanddele

8-10 medium butternut-pampoen-helftes
3
snye roosterbrood, in kwarte gesny
gerasperde kaas na smaak
1-2 blikkie sampioenstukkies, gedreineer
500 ml
room
200 ml
melk
Β½ teelepelβ‰ˆ 3 ml
tiemie
1
knippie sout
pietersielie, gekap na smaak
1
lourierblaar

Metode

1

Sny die boonste gedeelte van elke butternut in dwars skywe en vries rou vir latere gebruik.

2

Gebruik slegs die onderste 'kalbas-gedeelte'.

3

Krap die pitte skoon uit elke butternut-helfte.

4

Maak die roomsous: Prut al die roomsous-bestanddele (room, melk, tiemie, sout, pietersielie en lourierblaar) stadig saam tot geurig.

5

Verwyder die lourierblaar.

6

Plaas in elke pampoenhelfte, in volgorde: 'n stukkie toast, sampioene, gerasperde kaas, 'n strooiseltjie sout, en 1 - 2 eetlepels roomsous.

7

Bedek elke pampoenhelfte afsonderlik met foelie en pak hulle in 'n oondpan.

8

Bak vir ongeveer 1Β½ uur by 180Β°C.

9

Laat effens afkoel voor opdiening. Kan met die hand en 'n lepel of vurk geΓ«et word.

✨ Tienie SΓͺ

Vulsel vir 8 - 10 persone. Baie vullend! Roosterbrood help om oortollige vloeistof te absorbeer. Lekker by braaivleis.

Graderings
Gee 'n telling: