Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Glanspampoenskywe

Die Beste van Tuiskombuis - Annette Human, bl. 8

Die lekkerste glanspampoenskywe maak 'n mens van 'n ryp boerpampoen - veral as dit 'n "wyfie" is, het die ou mense geglo. 'n Mens ken 'n "wyfie"-pampoen uit aan die groot sirkel aan die onderkant (teenoorgestelde kant van die stingel). Dis …

Bestanddele

1
ryp boerpampoen
sout na smaak
bietjie bietjie
kookwater
klontjies botter of margarien
witsuiker na smaak

Metode

1

Was die pampoen silwerskoon aangesien die skywe met die skil aan gaargemaak word.

2

Sny met 'n groot, skerp mes vir elke eter 'n skyf af volgens die kepe op die pampoen.

3

Sny die pitgedeelte van elke skyf uit.

4

Plaas die pampoenskywe op 'n snykant in 'n groot dikboompan met 'n deksel.

5

Strooi sout oor en voeg 'n bietjie kookwater by.

6

Sit die deksel op en kook die pampoenskywe tot sag en droog. (Kook dit teen die end sonder die deksel as daar nog baie vloeistof is.)

7

Plaas 'n paar klontjies botter tussen die pampoenskywe in die pan. Strooi witsuiker mildelik oor.

8

Laat die pampoenskywe stadig sonder 'n deksel in die smeer en suiker karamelliseer.

9

Draai die skywe versigtig met 'n spaan om sodat die ander kant ook kan karamelliseer.

10

Sit dit warm voor.

✨ Tienie SΓͺ

Ideaal om gedurende koue wintermaande op koolstoof te berei.

Graderings
Gee 'n telling: