π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Heel Koolkop
As bykos by braaivleis.
Bestanddele
Metode
Verwyder lelike buiteblare van die koolkop.
Sny die stingelgedeelte versigtig uit met 'n skerp mes om later weer as deksel te gebruik.
Gebruik 'n skerp mes om die binneste deel van die kool op te kerf en verwyder dit met 'n desertlepel.
Behou 'n dop van ongeveer 1 duim dik β nie dunner nie, anders brand dit. (Hoe dikker die wand, hoe langer neem dit om gaar te word.)
Soteer die sampioene afsonderlik in margerien.
Soteer die knoffel en uie saam in margerien, geur met sout en peper.
Soteer die Bits 'o Bacon apart in margerien.
Rasper voldoende skerp kaas soos Cheddar.
Pak die vulsel in lae in die uitgeholde kool: begin met 'n laag kaas op die bodem, dan bacon, dan uie, dan sampioene β herhaal die lae en druk elke laag vas.
Strooi kaas tussen en oor elke laag.
Plaas die 'deksel' (die uitgesny stingelstuk) terug op die kool.
Draai die kool styf toe in foelie met die blinkkant na binne.
Plaas in 'n braaier (nie op 'n rooster nie) met 'n paar kooltjies rondom en bo-op, en 'bak' vir ongeveer 1 uur tot gaar.
Alternatiewelik, bak in 'n elektriese oond by 180Β°C vir 1 tot 1Β½ uur.
Gebruik gekerfde koolblare volgende dag vir koolslaai.