π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Heerlike Anysbeskuit
Bestanddele
Metode
Vermeng 10 ml van die suiker met die lou water en suurdeeg.
Laat staan dit totdat die suurdeeg begin borrel β dit kan van 5 tot 15 minute lank duur.
Smelt die botter oor lae hitte.
Roer die res van die suiker, die sout en melk by en roer dit totdat die suiker opgelos is.
Haal dit van die plaat af.
Voeg die eiers en suurdeeg by die melkmengsel.
Sif die helfte van die koekmeel by die melkmengsel.
Klits dit totdat dit glad en klontvry is β dit moet soos pannekoekbeslag lyk.
Laat die mengsel 1 tot 2 uur lank rys totdat dit in volume verdubbel het.
Voeg die res van die koekmeel by en knie die deeg baie goed β 20 minute lank.
Die deeg moet sag en hanteerbaar wees.
Gebruik minder koekmeel indien dit lyk asof die deeg baie styf gaan wees.
Sny die deeg met 'n skerp mes om te kyk of die groot rysgate uitgeknie is.
Maak die deeg warm toe en laat dit nog 4 uur lank rys.
Knie die deeg liggies af, vorm balletjies en pak dit langs mekaar in gesmeerde beskuitpanne.
Maak dit warm toe en laat dit rys totdat die panne vol is.
Bak dit ongeveer 1 uur lank in 'n voorverhitte oond by 160 Β°C.
Breek die beskuite oop en droog dit in 'n koel oond uit.
In plaas van korrelsuurdeeg kan saamgeperste suurdeeg (2Β½ x 20 g-koekies) gebruik word.