Lekker Eet
๐Ÿฅ—
Voorgeregte
๐Ÿž
Sop
๐Ÿ–
Vleis
๐ŸŸ
Vis
๐Ÿฅฆ
Groente
๐Ÿฐ
Soet
๐Ÿซ“
Bak
๐Ÿซ™
Preserves
๐Ÿ”ฅ
Braai
๐Ÿ’ก
Wenke
Lekker Eet
Geรฏnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
๐Ÿ Tuis๐Ÿ”Soekโค๏ธGunsteling๐Ÿ“My Resepte๐Ÿ›’Inkopielysie๐Ÿ“…Weekplanner
INHOUD
๐Ÿฅ—Voorgeregte & Happies๐ŸžSop & Brood๐Ÿ–Vleis & Pluimvee๐ŸŸVis & Seekos๐ŸฅฆGroente & Slaaie๐ŸฐSoet & Nagereg๐Ÿซ“Bak & Koeke๐Ÿซ™Preserves & Bottels๐Ÿ”ฅBraai & Grootmaat๐Ÿ’กWenke & Boererate
๐Ÿ“ Stuur Jou Resepโš™๏ธInstellings

๐Ÿ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Kleurige Geurige Jellie

Huisgenoot Wenresep
โ˜…โ˜…โ˜…โ˜…โ˜…๐Ÿฎ Nageregte๐Ÿ”–Teken in om te stoor

Bestanddele

2 pakkie
rooi jellie
2 pakkie
groen jellie
2 pakkie
oranje jellie
2 pakkie
geel jellie
2 pakkie
suurlemoenjellie
1
blik kondensmelk (397 g)
450 ml
kookwater
geklitste room
glanskersies
vars kruisement
langlewe vlasous (opsioneel)

Metode

1

Maak die eerste 8 pakkies jellie (rooi, groen, oranje en geel) volgens die aanwysings op die pakkies aan en laat dit oornag in vlak vierkantige of langwerpige houers stol.

2

Moenie dit in die vrieskas sit nie โ€” dit word soos 'crushed ice'!

3

Sny die gestolde jellie in blokkies.

4

Maak die 2 pakkies suurlemoenjellie aan met 450 ml kookwater.

5

Voeg die kondensmelk by, klits goed en laat die mengsel net effens afkoel.

6

Giet 'n bietjie van die kondensmelkmengsel onder in 'n groot, diep glasbak of milkshake-glase.

7

Rangskik die verskillende kleure jellieblokkies om die beurt met die kondensmelkmengsel in lae in die bak.

8

Wees versigtig dat die kondensmelkmengsel nie te warm is nie, anders smelt dit die jellieblokkies.

9

Eindig met 'n laag jellieblokkies en plaas die bakke terug in die yskas om te stol.

10

Die keer stol dit vinnig.

11

Voor opdiening: spuit geklitste room met behulp van 'n versierbuis bo-op elke glas en plaas 'n glanskersie met steeltjie en een blaartjie vars kruisement bo-op.

โœจ Tienie Sรช

Opsioneel: Dien op met langlewe vlasous. Lewer nagenoeg 40 porsies.

Graderings
Gee 'n telling: