Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Lewer in Netvet

Die Volledige S.A. Vleis Kookboek, bl. 82

Skaap, rooibok, koedoe, bees ensovoorts moet vet wees om netvet te hΓͺ. Netvet is om die dier se pens.

Bestanddele

500 g
skaaplewer
1
middelslag ui, fyngekap
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
gerasperde neutmuskaat
2 ml
fyn koljander
varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml
asyn
1
eier, geklits
30 ml
koekmeelblom
2 ml
bakpoeier
1
netvet

Metode

1

Plaas die skaaplewer in kookwater vir 1 minuut en verwyder die vlies.

2

Skraap die lewer fyn met 'n vurk.

3

Voeg die ui, neutmuskaat, koljander, swartpeper, asyn, eier, koekmeelblom en bakpoeier by en meng goed.

4

Skep die lewermengsel op die netvet (of soos vir skilpadjies), vou oor en steek vas met peuselstokkies.

5

Plaas in 'n oondskottel en bak by 160 Β°C vir 1 uur of tot gaar.

Graderings
Gee 'n telling: