๐ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Malvapoeding
Riamie
Bestanddele
15 ml
botter/margarien250 ml
suiker1
eier5 ml
suurlemoensap5 ml
koeksoda5 ml
appelkooskonfyt250 ml
koekmeel250 ml
melkStroop
250 ml
room250 ml
suiker125 ml
margarien125 ml
kookwaterMetode
1
Room die botter en suiker saam tot lig en romerig.
2
Voeg die eier by en meng goed.
3
Voeg die suurlemoensap, koeksoda en appelkooskonfyt by en roer goed deur.
4
Roer die meel en melk om die beurt by totdat 'n gladde beslag gevorm word.
5
Gooi die beslag in 'n vuurvaste glasbak en bak teen 180 ยฐC vir 1 uur.
6
Stroop: Kook die room, suiker, margarien en kookwater saam vir 2 minute.
7
Gooi die warm stroop oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
8
Sit die poeding terug in die oond en bak verder totdat dit karamelagtig is.
Graderings
Gee 'n telling: