Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Marmite-tert

Sarie Tydskrif

Bestanddele

500 ml
koekmeel
10 ml
bakpoeier
2 ml
sout
200 g
margerien
2 koppieβ‰ˆ 500 ml
fyngerasperde Cheddar kaas
2
eiers
250 ml
melk
60 ml
margerien
60 ml
Marmite

Metode

1

Stel oond op 200 Β°C. Plaas draadrak op die middelste rakkie.

2

Bespuit of smeer 'n vuurvaste bak van 15 cm x 20 cm.

3

Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.

4

Smelt die 200 g margerien en voeg die droΓ« bestanddele by.

5

Klits eiers en melk saam en voeg by laasgenoemde mengsel.

6

Roer kaas by en skep die mengsel in die gesmeerde bak.

7

Bak vir 15 minute.

8

Smelt die 60 ml margerien en Marmite saam.

9

Sodra die 'koek' uit die oond kom, gooi die Marmite-mengsel oor.

10

Strooi 'n klein bietjie fyngerasperde kaas bo-oor indien gewens. Bedien warm.

Graderings
Gee 'n telling: