π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Melkkos
Milk soup soos die Engelse sΓͺ! Lekker tradisionele gereg.
Bestanddele
Metode
Maak frummels: Meng die droΓ« bestanddele (koekmeel, sout en bakpoeier) saam.
Sprinkel Β± ΒΌ koppie melk oor die meelmengsel.
Vryf met vingerpunte om frummels te vorm β dit moet fyn wees en nie groot klonte nie.
Sif die frummels deur 'n meelsif.
Belangrik: Uitgesifte meel kan ook gebruik word om frummels te maak, of gooi weg β dit vorm groot klonte in die melk!
Kook 2 liter melk in 'n groot dikboom aluminium kastrol β anders brand die melk vas of kook dit maklik oor.
Strooi die frummels geleidelik in die kookmelk terwyl jy met die ander hand met 'n draadklitser (whisk) klits.
Prut Β± 15 minute tot gaar.
Skep uit in diepborde, strooi kaneelsuiker oor en stip met botter voor opdien.