🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Noedelgereg
Vgl. Vis-lasagne p. 97 W/resepte 2.
Bestanddele
Metode
– Mengsel 1: Soteer uie in 'n bietjie margerien tot sag.
– Voeg tuna of gaar maalvleis by en meng goed.
– Gooi tamatieroomsop by. Spoel die blikkie uit met 'n bietjie water (of tunawater) en 2 eetlepels suiker en voeg dit by die mengsel.
– Laat die vleismengsel vir ± 5 minute prut.
– Mengsel 2: Kook die skulpienoedels vir 10 minute in soutwater. Spoel onder lopende water in 'n vergiettes en dreineer goed.
– Mengsel 3: Meng die room, maaskaas en ½ koppie gerasperde kaas tot 'n gladde mengsel.
– Pak die drie mengsels in lae in twee ovaal oondskottels: begin met noedels, dan vleismengsel, dan roommengsel. Herhaal die lae en eindig met gerasperde kaas bo-op.
– Bak vir 10–15 minute by 180 °C tot goudbruin en borrelend.
Vuurvaste glasbak van 27 x 27 cm is te klein, kook oor in oond! Maalvleis in elektriese braaipan: Braai uieringe, soetrissie, crushed garlic, vars gemaalde swartpeper, suurlemoenpeper. Voeg maalvleis en sout by.