π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Melktert
Bestanddele
Metode
Smeerkors: Klits botter, suiker en eiers saam tot gemeng.
Sif die droΓ« bestanddele (koekmeel, bakpoeier en sout) by die bottermengsel in.
Smeer die kors met die agterkant van 'n lepel in 'n pan wat met Spray & Cook bespuit is.
Vulsel β Miena se metode: Kook die melk en botter in die mikrogolf vir Β± 18 minute op High.
Maak 'n gladde pasta van 'n bietjie koue melk, suiker, maizena, eiers en sout.
Roer die pasta by die kokende melk in en meng goed.
Vulsel β Anna se metode (alternatief): Skei die eiers en klop die eierwitte styf.
Maak die res van die bestanddele (eiergele, suiker, maizena, melk, botter en sout) aan tot 'n gladde pasta.
Vou die geklopte eierwitte versigtig by die pasta in.
Gooi die vulsel oor die kors en bak stadig vir Β± 30 minute by 180 Β°C op die middelste rakkie.
Strooi kaneel oor voor opdiening.
Ideaal as jy min tyd het.